Die kursus se standaard is uiters hoog en uitkoms gebaseerd! (Beroepsvoorligting word hier tydens aangebied.) Die kursus is baie volledig en verg toewyding en ‘n opregte belangstelling in die natuur om sukses te behaal.
Hierdie kursus behels teoretiese sowel as praktiese werk wat die student toerus om ‘n aanwins vir sy toekomstige werkgewer te wees.
NB: Omdat dit die begin van `n totale nuwe rigting is, is daar baie teoretiese werk en terminologie wat geleer moet word om `n goeie grondslag te lê. Sonder die teoretiese werk kan jy nie eens hoop om met die prakties reg te kom nie! Studente leer hoe om die natuur te interpreteer en op ‘n interessante en betekenisvolle manier hul kennis aan gaste te kan oordra.
‘n Persoon wat belangstel in die rigting moet lief wees vir die natuur asook om met mense te kommunikeer. Dit is ‘n interessante beroep met baie uiteenlopende fasette en raak nooit vervelig nie!
NB: Wettige gidse moet `n geldige CATHSSETA kwalifikasie hê. Onthou Noodhulp is ekstra en verpligtend!! Ons is FGASA geakkrediteer wat die aanvraag op meeste oorde is.
Wat is ‘n gids? (.... “Game Ranger” of “Safari Guide”)
‘Guiding is essentially about a genuine enjoyment of people and an honest appreciation of, and dedication to, all the many faces nature has to offer us. It is indeed a privileged occupation. Imagine being paid to take people out into the wilds of Africa! To sit around the warm, flickering flames of a campfire each evening, savouring the smell of wood smoke, while friendships are formed and forged. The people (your guests) for whom you are interpreting Africa have worked long and hard for months, even years, to come and see what you have to show them in a few days. They have great expectations of this brief interval of time. You hold it in your hands to realize their dreams and fantasies of Africa - or to destroy them!’ ‘n Uittreksel uit die boek ‘A Guides guide to guiding’ - Garth Thompson
Natuurgidse word opgelei om toeriste in die veld te kan uitneem en hulle van die natuur en wild te vertel. (‘n Vereiste is dat so persoon ‘n kursus bygewoon en geslaag het!) Tydens jou gaste se kuier is jy ‘n gids, onderwyser, vriend, wildbewaarder, dokter, storieverteller en somtyds die kok! Elke dag is uniek met sy eie verrassings in die veld; jy leer elke dag iets nuut, ontmoet nuwe en interessante mense en sien en ervaar dinge waarvoor ander mense duisende rande betaal (vir net ‘n paar dae in die bos) en dan weer moet terugkeer na hul stede.
Impala is toestemming vergun deur FGASA en een van die bitter min opleidingsentrums wat die FGASA NQF4 (Vlak 2) voorbereidings kursus mag aan bied.
Ek wil dit baie duidelik maak dat ons nie die NQF 4 sertifikaat uitreik nie, dit word net deur FGASA en CATHSSETA gedoen. Ons doelwit met hierdie kursus is om studente voorteberei vir die NQF 4 prakties en teoretiese eksamen wat eers mag geskryf word sodra `n student 260 dae ondervinding as veldgids opgedoen het en self by FGASA toestemming verkry het om die eksamens te mag aflê.
Dit is `n wonderlike geleentheid om seker te maak dat jy as gids vorder in die bedryf en nie stagneer op Vlak 1 (NQF2) nie. Daar is baie min gidse in die land met die Vlak 2 (NQF4) kwalifikasie en dit gee jou dan die geleentheid om by hoë klas lodges aansoek te doen met baie beter salaris vooruitsigte.
Wanneer tyd en geld beperk is:
Hierdie kursus is vir studente wat deeltyds wil studeer. Die kursus duur 8 dae en alle voorbereiding word gedoen vir `n student om dan op sy eie tyd te studeer en die nasionale eksamen te skryf (teen R9 600). Hierdie is `n FGASA voorbereidings kursus en nie die 2 maande Vlak 1 kursus nie, omdat jy dit in jou eie tyd doen. Daarom doen jy self die registrasie en skryf die nasionale eksamen in jou eie tyd.
Met meer as 20 jaar ondervinding in hierdie afdeling, gee ons die beste leiding en kursus in die land.
Indien jy `n jong persoon is wat die bedryf wil betree, moet jy onthou dat jy nie noodwendig gaan werk kry met NET `n Wildplaasbestuurskursus nie weens jou ouderdom en dit maak dan nie saak of jy `n een week of 3 jaar kursus gedoen het nie. Dit is baie raar dat dit gebeur. Omdat so persoon in `n “bestuursposisie”geplaas moet word gaan `n wildsboer na ouer persone of persone wat reeds ondervinding het, kyk. Kombineer hierdie kursus dus met die Veldgids Kursus en jy het `n versekerde toekoms.
Indien jy die Wildplaasbestuur, Lodgebestuur en Wild kursus bywoon, sal hierdie addisionele kennis en kwalifikasie jou net baat aangesien jy soveel meer het om te bied aan ‘n voornemende werkgewer en daarom is jy ‘n meer kompeterende kandidaat! Om ‘n wildplaas te bestuur het jy nie noodwendig ‘n graad of diploma nodig nie. Vir hierdie rede het ons na wildplaas eienaars gegaan en by hulle gehoor wat HULLE vereis van ‘n jong, voornemende bestuurder of selfs net `n gids wat ander verantwoordelikhede ook sal hê.
Die verantwoordelikhede van `n Wildplaasbestuurder is:
• Namens die eienaar op te tree;
• Oorsig oor die algemene werkinge van `n wildplaas of oord;
• Bestuur (en instandhouding) van personeel, geboue (lodge), gaste, wild, veldkondisie, aankope, voertuie en meer.
Die kursus is volgens hierdie vereistes saamgestel en studente “groei” in hul verskeie beroepe in, volgens die vereistes van elke wildplaaseienaar. Ons ondervind dat wanneer Impala studente vir onderhoude gaan, wie beide die Wildplaas en Natuur Kursusse suksesvol voltooi het, hulle in die meeste gevalle voorkeur kry. In hierdie kursus kyk ons na veldbestuur, bv. waarna om voor op te let as die veld begin agteruit gaan en hoe om dit te verhoed, wat gebeur in ‘n oord, wie doen wat en hoe, soogdiere en wild, heinings, trofee jag,wildvoeding, damme, paaie ens. Saam met Veldgids Kursus ‘n uitstekende kombinasie. Jou kans om werk te kry verdubbel!
Let asseblief dat ons van nou af die wildplaas en veldgids 1 kursus omruil. Ons vind dat studente se resultate aansienlik beter is tydens hul eksamens indien hul langer blootstelling in die veld gehad het. Studente word dus nou aanbeveel om te begin met die Wildplaasbestuur en daarna die Veldgids en ander kursusse in volgorde te doen soos op kursusbrief se datums aangedui.
• BOS- EN LODGEKOS
• ETIKET EN KROEGDIENS
• VISGIDS
• WILDPLAASBESTUUR
• VELDGIDS VLAK 1 (NQF2) (FGASA)
• NOODHULP VLAK 1
• DIERE NOODHULP
• SLANG HANTERING
• BASIESE VOERTUIG INSTANDHOUDING
• BASIESE ELEKTRIESE INSTANDHOUDING
• JAGGIDS EN WAPENHANTERING
• FOTOGRAFIE
• WATERBERG EKOLOGIE
• PERDEGIDS
• SPORE EN TEKENS
• GEVAARLIKE WILD EN WAPENHANTERING
• BOSVELD VOËLS VLAK 1
• VERSORGING VAN DIERE IN PARKE
• SPA EN TERAPIE OP LODGES
• KRISIS HANTERING
• OORD / LODGEBESTUUR
• HOTEL BESTUUR
• EIENAAR KURSUS VIR
BOSKAMPE, TENTKAMPE, PRIVAAT OORDE EN GASTEHUISE
• KONFERENSIE EN GROEPE
• VOORKANTOOR BESTUUR
• HUISHOUDING BESTUUR
• MENSLIKE HULPBRONNE BESTUUR
• RESTAURANT BESTUUR
• VELDGIDS VLAK 1 (NQF2) (FGASA)
DIE VOLGENDE KORT KURSUSSE
KOMPLIMENTEER DIE VELDGIDS KURSUS
• BOSVELD VOËLS VLAK 1
• BOSVELD VOËLS VLAK 2
• GEVORDERDE SOOGDIERE
• KRUGER NASIONALE WILDTUIN - TEORIE
• VELDGIDS VLAK 1 (NQF2) (FGASA)
• VELDGIDS VLAK 2 VOORBEREIDING
• TAKTIESE OPLEIDING, PLAASAANVALLE
EN TEENWILDDIEFSTAL
• WILDVLEISBEWERKING
• LOODGIETER
• BOUWERK
• MEGANISASIE
• SWEISWERK
• BOS- EN LODGEKOS
• ETIKET EN KROEGDIENS
• VISGIDS
• WILDPLAASBESTUUR
• NOODHULP VLAK 1
• NOODHULP VLAK 2
• DIERE NOODHULP
• SLANG HANTERING
• BASIESE VOERTUIG INSTANDHOUDING
• GEVORDERDE VOERTUIG INSTANDHOUDING
• BASIESE ELEKTRIESE INSTANDHOUDING
• JAGGIDS EN WAPENHANTERING
• FOTOGRAFIE
• WATERBERG EKOLOGIE
• PERDEGIDS
• SPORE EN TEKENS
• GEVORDERDE SPORE EN TEKENS
• GEVAARLIKE WILD EN WAPENHANTERING
• VERSORGING VAN DIERE IN PARKE
• SPA EN TERAPIE OP LODGES
• KRISIS HANTERING
• OORD / LODGEBESTUUR
• HOTEL BESTUUR
• EIENAAR KURSUS VIR
BOSKAMPE, TENTKAMPE,
PRIVAAT OORDE EN GASTEHUISE
• KONFERENSIE EN GROEPE
• VOORKANTOOR BESTUUR
• HUISHOUDING BESTUUR
• MENSLIKE HULPBRONNE BESTUUR
• RESTAURANT BESTUUR